Indonesies Bahasa Indonesia | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [baˈhasa indoneˈsia] | |
Gepraat in: | Indonesië Oos-Timor Singapoer | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 23 miljoen (moedertaal) 175 miljoen (tweede taal)[1] | |
Rang: | 41 | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Maleis-Soembawa Maleis Malay Maleis Indonesies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ASEAN Indonesië | |
Gereguleer deur: | Badan Pengembangan dan Pembinaan Bahasa | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | id
| |
ISO 639-2: | ind
| |
ISO 639-3: | ind
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Indonesies (Bahasa Indonesia, [baˈhasa indoneˈsia], Maleis-Polinesiese taal wat deur sowat 23 miljoen mense in Indonesië, Oos-Timor en Singapoer as moedertaal gepraat word. Dit is 'n gestandaardiseerde variante van Maleis en geniet amptelike status in Indonesië. Indonesies word deur sowat 175 miljoen as 'n tweede taal gepraat. In Oos-Timor is dit saam met Engels 'n werkstaal na die amptelike tale Tetoem en Portugees.
) is 'nIn Indonesië word dit algemeen Bahasa Indonesia ("Indonesiese taal" of "taal van Indonesië") genoem, maar Bahasa Nasional ("Nasionale taal") en Bahasa Persatuan/Pemersatu ("Verenigende taal") is ook gebruiklike terme. In die streke van Sumatra en Riau, waar die taal inheems is, verwys die Indonesiërs ook na die taal as Bahasa Melayu.
Indonesies/Maleis is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.